Hellooooo ?

Posted in Uncategorized on Junie 15, 2009 by pieterza

Shoe – was ek reeeerig so lanklaas hier – wel intussen het ek weer begin skryf – nie nonsies nie – maar musiek – het darem al so paar songs klaar en moet nog die SAMRO registrasie ding ensovoorts doen. Het ene vir ‘n ander muso ook gedoen – sal maar sien of hy erns kom met hom – ekke hoop so – sal laat weet as hy die lig sien 🙂

Advertisements

Hello Suid Zim!!!

Posted in Uncategorized on Junie 5, 2008 by pieterza

Ekke haal die Beeld aan (of wat oor is van hom):

“Kaapstad. – Die minister van landbou en grondsake sal grond én roerende bates soos trekkers kan bekom as die parlement wetgewing vir die verkryging van grond aanvaar.

Luidens ’n verklaring van die departement van grondsake is dié maatreëls “noodsaaklik vir volhoubare grondhervorming”.

Die kabinet het verlede week die wysigingswetsontwerp op die beskikbaarstelling van grond en bystand goedgekeur. Dié wetsontwerp brei die magte van me. Lulu Xingwana, minister van landbou en grondsake, uit sodat dit verder strek as die verkryging van net grond. Dit stel die minister van landbou op ’n grondslag van gewillige koper/gewillige verkoper in staat om ’n boer se grond én sy landboutoerusting te koop en dit aan swart boere te gee.

Die regering poog met die wysigingswetsontwerp om die strategie vir die verkryging van grond (Plas) aan te help deur ’n omgewing te skep waar dié strategie beter uitgevoer kan word.

Plas word ingespan om die grondhervorming te bespoedig.

Volgens mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal van grondsake, gaan grondhervorming nie net oor “nie-roerende bates (soos grond) nie, maar ook roerende bates”. Hy meen daar kan nie van boere aan wie plase gegee word, verwag word om sonder toerusting te boer nie.

Hy het gesê die wetsontwerp hou nie verband met die Onteieningswet nie, waar die minister van openbare werke grond sowel as roerende bates kan onteien, nie. – Abigail Isaacs ”

SAL ALMAL WAT DINK ONS LOOP NIE ZIM SE PAD NIE ASSEBLIEF DIE SAAL VERLAAT!!

van Hawking en dinge ….

Posted in Uncategorized on Mei 13, 2008 by pieterza

 

verwysend na http://www.bosparra.com/wanneer-is-n-mens-te-slim

Nou beweeg ons op interesante grond …..

Om eers die vraag the beantwoord – Hawking is dom van slimmigheid. Wat bedoel ek hiermee? Hy het so ‘n groot denkvermoë dat hy vir homself bewys het dat daar geen *** is nie – daardeur verlig hy ons Hemelse Vader van die verantwoordelikgied van die ateïstiese neigings wat hy toon en eien sy straf vir homself toe ….

Ek het dikwels gewonder oor die man. Ja, hy het dit nie die beste sover die vleeslike aangaan nie en het daarom meer redes om negaties te wees as die res vir ons, maar die Byble sê eers as jy dankbaar is vir wat jy het, en dit gebruik, sal meer toegevoeg word.

Om ‘n lid te wees van MENSA is geen pluimpie in ‘n mens se hoed nie – kry bietjie van hulle nuusbriewe te lese – en jy sal sien …(interesant hoe sommige van hulle ‘joke’ dat alle ‘dom’ mense verminder moet word). As dit so groot ‘joke’ is, hoekom preik dit in die humanistiese manifes dat die wereld popolasie verminder moet word na 500 miljoen ???

Die Bybel sê wel dat aan die einde van tye kennis (science?) sal vermeerder. Hy sê ook dat mense wat hulle self slim noem maar ietwat dom (fools) is …

Wag nou moet ek ophou – voor ek begin dink ek’s slim en dom dinge sê ;->

Stadig oor die klippe …

Posted in Uncategorized on Mei 9, 2008 by pieterza

Is deesdae ne m#er besig hier … het ook iets nuuts gekry om die tyd te verwyl:

http://icanhascheezburger.com/

Soms nogal snaaks …

Oor alles en wat …

Posted in Uncategorized on April 29, 2008 by pieterza

Ek het nog altyd lus gehad om Oom Paul se “stash” te gaan soek maar is ook maar negatief genoeg om te glo hy’t dit oorsee gaan blaas, soos wat ‘n klomp mense deesdae doen. Partykeer is daar egter mense wat ‘n ou gelukkie kry: http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2313539,00.html

Dan kry jou nog ander mense wat krepeer van elende in hul eie land wat miljoense spandeer net om ‘n stuk yster die lug in te blaas …http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2313274,00.html  Ek sou nou kon verstaan as hulle so ‘n half miljoen mense saamgestuur het in ‘n poging om die maan te kolloniseer. Dink net so ses maande later sou ons kon Richard Branson se fancy plane gevat het en gaan kuier by Raj se Curry Tavern in krater nommer vyf.

Laastens maar nie die minste nie moet ek seker maar ook iets sê oor Vernon Koekemoer. Ek kan verstaan dat mense so oor die ding aangaan – in ‘n sin is dit dieselfde klomp wat so bohaai gemaak het oor Chuck. Verstaan my nou mooi – ek gaan nie self my tyd daarmee mors nie, maar kan asseblief iemand wat rerig KAN “photoshop” nie maar vir hulle ‘n paar prentjies stuur nie … dan kan die van ons wat net partykeer lag omdat dit so simpel is dalk darem die kuns waardeer ;->

 

Kitaar stories

Posted in Uncategorized on April 25, 2008 by pieterza

Ja jongies – ek het so jaar en ‘n half terug begin om daai ding ook te leer – ook maar agtergekom dit is nie ‘n gou-gou ding nie. Nou kan ‘n mens darem al ‘n paar songs speel. Ek reken maar hierdie blog storie werk maar dieselfde – mens moet tyd daaraan spandeer en dan raak dit ‘n gewoonte.

Vir nou gaan my woorde maar nog wees soos salarisse – min en ver uitmekaar – maar dalk reën dit volgende keer ….

Brand vir ‘n rand

Posted in Uncategorized on April 18, 2008 by pieterza

Dis nou eintlik ‘n misleidende titel 🙂 Dis net dat mens partykeer simpatiek saam met oom Lucas can sing oor sy miljoen – maar met die status van die rand met die nulle dalk nou sewe of meer word.

Troos myself ek bly nog nie in Zim nie.

En dan al die moere wat vir hulle self geld gee (Kyk net na die SAL), terwyl ESKOM ons meer wil vra vir krag wat hulle nie lewer nie.

Maar ja, laat ons op ons knieë gaan en dankie sê vir dit wat ons het (of oorhet).

Tot later ….